Lyrics

O, jou rolbos van verlange. Sal jy my dan nooit laat staan. In my klein geheime kampie, Waai jy teen die drade aan. Vlug ek selfbedrog reaksie. Na die son en see en strand. Soek ek steeds vergeefs twee spore, In die nat streep van die Sand. O, jou rolbos, waai bos tolbos. Ek kan mos ook voel, weet jy. Waarom dwarrel, dwarrel, dwarrel, die vier winde Jou geraamtes, rondom my. O, jou rolbos, waai bos tolbos. Ek kan mos ook voel, weet jy. Waarom dwarrel, dwarrel, dwarrel, die vier winde Jou geraamtes, rondom my. En al sou ek in verbeelding. Na die verre ruimtes gaan. Vind ek tolbos in die kraters, Van my hart se dooie maan. O, jou rolbos van verlange. Sal jy my nooit rus laat vind. Sal jy aan my hart bly rasper, As jy skarrel voor die wind. O, jou rolbos waai bos tolbos. Ek kan mos ook voel, weet jy. Waarom dwarrel, dwarrel, dwarrel, die vier winde Jou geraamtes rondom my. O, jou rolbos waai bos tolbos. Ek kan mos ook voel, weet jy. Waarom dwarrel, dwarrel, dwarrel, die vier winde Jou geraamtes, rondom my. Rolbos waai, tolbos, Ek kan mos ook voel, weet jy. Waarom dwarrel, dwarrel, dwarrel, die vier winde Jou geraamtes rondom my. Rolbos waai, tolbos draai, Ek kan mos ook voel, weet jy. Weet jy, weet jy, weet jy.
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out