Lyrics

My tas is gepak, als is ingelaai My hart is gereed, wie sou dit kon raai? Dat aan my sy staan die liefde van my lewe 'N Gawe uit die Heer se hand, die rede Vir die opgewondenheid wat in my bruis My veiligheid, my sekuriteit, my huis Staan ons op die einde van afsonderlikheid En kyk ons oor die pad wat voor ons lê so wyd Jou het ek lief, jy staan langs my My hart behoort aan jou, so sal dit bly In jou oë sien ek die versekering Om jou hand te neem, 'n lewe saam te begin My belofte gee ek jou nou My woord waaraan jy vas kan hou 'N Belofte waarop jy sterk kan steun Om jou lief te hê Elke oomblik wat God jou vir my leen Hierdie reis onderneem ek saam met jou Aan jou het ek my hart toevertrou Om altyd net aan jou getrou te wees Jy's die een aan wie ek als wat ek besit wil gee Jou het ek lief, jy staan langs my My hart behoort aan jou, so sal dit bly In jou oë sien ek die versekering Om jou hand te neem, 'n lewe saam te begin My belofte gee ek jou nou My woord waaraan jy vas kan hou 'N Belofte waarop jy sterk kan steun Om jou lief te hê Elke oomblik wat God jou vir my leen As die storms wil kom slaan teen ons fondasie En die reën lyk of dit nie wil ophou, opklaar nie Vrees ek nie want ons is op die Rots gebou Al stort alles rondom ons in mekaar, in duie En ons lewe in swaar en in onmoontlike tye In geloof sal ek saam jou ons lewe weer herbou Hy sal ons altyd in liefde bly omvou My belofte gee ek jou nou My woord waaraan jy vas kan hou 'N Belofte waarop jy sterk kan steun Om jou lief te hê Elke oomblik wat God jou vir my leen Om jou lief te hê Elke oomblik wat God jou vir my leen
Writer(s): Ruth Kahts Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out