Lyrics

Die seilskip St. Christopher, met kaptein Bartlomeu Vaar langs die woeste kus van Afrika In die nag hemel wink, vreemde sterre so blink Ons voel verlore, ver van Portugal Hys nou die seile hoog Tuur met jou seemans oog Waar is die Kaap, waar's die eindpunt van Afrika Laat ons terug draai, na 'n vriendelike kaai Bartlomeu Dias, ons wil huistoe gaan By Walvisbaai verby, geen Kaap kon ons nog kry Die stormwinde waai ons by kersfees verby Die nuwe jaar gee, net meer son en meer see Ons voel verlore, ver van Afrika Hys nou die seile hoog Tuur met jou seemans oog Waar is die Kaap, waar's die eindpunt van Afrika Laat ons terug draai, na 'n vriendelike kaai Bartlomeu Dias, ons wil huistoe gaan Ooswaarts het ons gedraai, geland by Mosselbaai Die klipkruis geplant op die bodem van Afrika Nog drie dae oos, die bemanning sord boos Bartlomeu Dias, ons moet huistoe draai Tien jaar is lank verby, maar Indië moet hy nog kry Met De Gama vaar hy weer om Afrika Maar die Kaap van storms, het sy geweld laat geld En Bartlomeu Dias sterf by Afrika Hys nou die seile hoog Tuur met jou seemans oog Waar is die Kaap, waar's die eindpunt van Afrika En sal jy verhuis, na die suiderkruis Bartlomeu Dias rus by Afrika
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out