Music Video

Kaalvoet
Watch {trackName} music video by {artistName}

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Songwriter

Lyrics

Ek is nie altyd seker nie Nie altyd vas oortuig Wie se gevoelens eg is nie Wie se intensies reg Oordeel ek vinnig? Besluit ek te gou? Vooropgestelde idees Oor jou, en oor jou En oor jou, en oor jou Los my skuldig, En soms alleen (Pre-koor) Waar gaan ek heen As die dae begin lank raak? Waarheen in my onrustigste uur? Ek kom na hier Waar ek laatnag voor 'n koolstoof aan my siel skuur Dis U wat word gebore uit die hart Dis hier waar ek vanaand noukeurig luister Vir die stem wat my soms ver van hier af vat (Koor) En ek loop kaalvoet deur 'n wêreld 'N Wêreld sonder grense 'N Wêreld sonder vrese 'N Wêreld sonder vrae Waar niemand van iemand skinder nie En niemand niemand pla Maar mekaar wil dra Ek het nie altyd vrede nie Nie altyd rustigheid Hoekom ek so geseënd is nie Met liefde en min verwyt Doen nie wat ek sê nie En gee nie genoeg Ignore soms my grootste vriend En eerste besluite bevoordeel myself Tog seën U my onverdiend (Pre-Koor) Buite my huis Maak die reën alles skoon Buite my venster waar ek woon Is dit groen? En die reën omhels die aarde met 'n klapsoen Los die wange van die hemels papsopnat En die son kom druk die aarde teen sy bors vas En die grond drink voor hy als vir hom kom vat (Koor) En ek loop kaalvoet deur 'n wêreld 'N Wêreld sonder grense 'N Wêreld sonder vrese 'N Wêreld sonder vrae Waar niemand van iemand skinder nie En niemand niemand pla Ons is nooit tevrede nie en niks is ooit genoeg Besittings gee nie lewe nie Die sonde maak ons moeg Ons hoop lê nie in môre nie Want môre het nie krag Môre het nie wysheid nie Genade vir vandag Dis genoeg (Outro) En waar gaan ek heen As die dae begin lank raak? Waarheen in my onrustigste uur?
Writer(s): Robbie Wessels Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out