Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Lead Vocals
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Koos Du Plessis
Songwriter

Lyrics

Op 'n donker aand, diep in Juliemaand, Op die pad na Nooitgedacht, Waar drie rotse staan teen die sekelmaan, Het ek lank gewag die nag. Want 'n skurk vanouds het 'n sak vol goud Daar begrawe langs die pad En elke donker aand met die sekelmaan Kom hy terug en soek sy skat. In die verte hoor ek vier hoewe, Soos 'n hartpols diep in die nag. Dis of die duiwel hom jaag, Want die maan sit al laag, Op die pad na Nooitgedacht. By die spookklippe naby Nooitgedacht, So't die mense my vertel, Kan geen man dit waag op 'n donker nag – Hy begeef hom in die hel. Maar ek het vasgestaan en gesê ek gaan, Man–alleen een donker nag. Ek het myself gestaal en my perd laat haal, Maar ek het so iets nooit verwag. Want die vuurvonke spat uit sy hoewe En tien vlamtonge speel in die nag En die ruiter lê plat, Want sy perd ken die pad Ek het te veel gesien en ek dog miskien Is die beste plek die huis. Want ek ken gevaar, maar ek trap onklaar En ek wens ek was al tuis. Maar die huis is ver en die môrester Hang spookagtig oor die veld. Dis geen plek vir my; ek wil liewer ry — Gee die kêrel maar sy geld. Maar die hoefslae dreun in my ore En 'n skim skiet stil uit sy saal; En die vuurvonke spat soos hy grou langs die pad, Want hy kom om sy skatte te haal. Maar die burgers gun hom geen rus nie; Soos 'n veldbrand kom hulle aan. En die Mauservuur dreun en looddruppels reën – En ek dog die einde breek aan. Maar twee kole gloei in sy oë; Met een haal Is hy weer in die saal, En sy perd ploeg die lug In sy ylingse vlug, Want hy weet die dood kom hom haal. Op 'n donker aand diep in Juliemaand Op die pad na Nooitgedacht, Waar drie rotse staan teen die sekelmaan, Het ek lank bly lê die nag. En ek weet geeneen sal my glo nie. Dit klink alles so gek in die dag... Maar wees elkeen wat lag Eenmaal daar in die nag Op die pad na Nooitgedacht.
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out