Lyrics

Gistraand toe ek ga' slaap, toe kry ek 'n hongerlus Toe eet ek 'n stukkie droë wors, en 'n bord vol ingelegde vis En 'n twee blikkies bier, appelkose en beskuit Toe ga' lê ek wee' en drome droom, so uit die bose uit Ek droom da' speel 'n Hopetown plaat, op die stoof uit my kombuis En ek dans in my pajamas, met 'n pragtige volstruis Ons dans 'n foxtrot, ons dans die Cha-Cha-Cha Met die Bosonova, dan raak ons deurme'ka' En met die walsie ga' dit beter, ma' sy trap nog op my veters Met die tiekie-draai het ons la't waai, dit sal ek jou verseker Sy sê sy's met vakansie, sy's dol oor dans en fliek En op Oudshoorn het sy 'n haarsalon, met die naam "Bootý Boetiek" En al wil ek nie da' kom kuier nie, dan ontmoet ek die hele gesin En die beste orkes in die hele Suid-Wes, speel op die Holiday Inn Ons dans 'n foxtrot, ons dans die Cha-Cha-Cha Met die Bosonova, dan raak ons deurme'ka' En met die walsie ga' dit beter, ma' sy trap nog op my veters Met die tiekie-draai het ons la't waai, dit sal ek jou verseker En ek vat ha' om ha' nekkie, 'n nek is nes 'n nekkie, sy sê "moenie-moenie", ek soen ha' op ha' bekkie Ek vat ha' aan ha' vlerkie, dit wil nie werk nie Sy gee vir my 'n skop, wil jy vry ou pop ... Toe dans ons op die tafel, ja, die party word nog rowwer Ma' vanoggend toe ek wakker skrik, dans ek met 'n verestoffer Ons dans 'n foxtrot, ons dans die Cha-Cha-Cha Met die Bosonova, dan raak ons deurme'ka' En met die walsie ga' dit beter, ma' sy trap nog op my veters Met die tiekie-draai het ons la't waai, dit sal ek jou verseker Ons dans 'n foxtrot, ons dans die Cha-Cha-Cha Met die Bosonova, dan raak ons deurme'ka' En met die walsie ga' dit beter, ma' sy trap nog op my veters Met die tiekie-draai het ons la't waai, dit sal ek jou verseker ...
Writer(s): David Kramer Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out