Lyrics

My Sarie Marais is so vêr van my hart, Maar'k hoop om haar weer te sien. Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon, Nog voor die oorlog het begin. O bring my t'rug na die ou Transvaal, Daar waar my Sarie woon. Daar onder in die mielies By die groen doringboom, Daar woon my Sarie Marais. Ek was so bang dat die Kakies my sou vang En vêr oor die see wegstuur; Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand Daar onder langs die Grootrivier. Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes, Hulle sleep jou altyd water toe; Hul gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange trip, Die josie weet waarnatoe. Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar, Terug na die ou Transvaal; My lieflingspersoon sal seker ook daar wees Om my met 'n kus te beloon.
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out