Lyrics

Soos diamonds vir 'n digter Waardeloos soos as Die dinge wat jy vir my gee Wat eers op rakke was Soos diamonds vir 'n digter Verblind jou mond my oë Jou hande bring net nog 'n klip My hart hou aan met glo Gee eerder dit wat in jou lê Die blink wat woorde soms kan sê Die eenvoud van net my hier in jou arm Gee eerder dit wat in jou lê Die blink wat woorde soms kan sê Die winde huil maar binne is dit warm Diamonds vir 'n digter Waardeloos soos as Die dinge wat jy vir my gee Wat eers op rakke was Soos diamonds vir 'n digter Verblind jou mond my oë Jou hande bring net nog 'n klip My hart hou aan met glo Ek steek my hande in die reen Om water uit te skep Maar dis harde ys wat op my val My hart bly dors verlep Ek wonder of die wolke weer 'N Laaste keer vir my sal skeur En blomme groei waar klippe nog gesaai lê Diamonds vir 'n digter Te swaar om nog te dra Ek sal dit terugsit in die berge En vir sagte druppels vra
Writer(s): Marica Barnard Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out