Lyrics

Ek wil jou vashou teen die storm Ek wil jou vashou teen die wind Elke tree wat jy gee Saam met jou ondervind En elke keer as jy gaan struikel Wil ek daar wees om te sê Sal jy jou hele lewe in my hande kom lê? Ek weet dis nie genoeg nie maar ek probeer En as jy my nog nie hoor nie, sê ek weer In geval jy ooit sou wonder, ek is lief vir jou In geval jy ooit sou twyfel, ek is deel van jou En in geval jy dit vergeet het Hoop ek jy verstaan Ek sal jou bly liefhê Tot my laaste asem gaan Moenie vaskyk teen die donker Moenie bang wees vir die lig Daar's 'n duisend melodieë Opgeskryf in jou gesig Neem my hande ek belowe Ek sal die regte woorde sê My hart hier uit my borskas haal en By jou voete lê Ek weet dis nie genoeg nie maar ek probeer En as jy my nog nie hoor nie, sê ek weer In geval jy ooit sou wonder, ek is lief vir jou In geval jy ooit sou twyfel, ek is deel van jou In geval jy dit vergeet het, hoop ek jy verstaan Ek sal jou bly liefhê Tot my laaste asem gaan Al kom die wind Al kom die storm Al kom die reën en oseaan Ek sal bly staan Ek sal bly staan In geval jy ooit sou wonder, ek is lief vir jou In geval jy ooit sou twyfel, ek is deel van jou In geval jy ooit sou wonder, ek is lief vir jou In geval jy ooit sou twyfel, ek is deel van jou In geval jy dit vergeet het, hoop ek jy verstaan Ek sal jou bly liefhê Tot my laaste asem gaan
Writer(s): Germandt Geldenhuys Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out