Lyrics

O Heer my God, As ek in eerbied wonder - En al u werke elke dag aanskou: Die son en maan, Die aarde, sterre, wolke, Hoe U dit elke dag so onderhou Dan moet ek juig My Redder en my God! Hoe groot is U; Hoe groot is U! Want deur die hele Skepping klink dit saam: Hoe heerlik, Heer, U grote Naam! Ek sien die veld - Die bosse, berge, vlaktes. Ek hoor hoe fluister Grasse, stroom en wind. O Heer, U sorg Vir klein, vir groot, vir alles En U sorg dag Na dag vir my, u kind. Dan moet ek juig My Redder en my God! Hoe groot is U; Hoe groot is U! Want deur die hele Skepping klink dit saam: Hoe heerlik, Heer, U grote Naam! U Seun word mens; In ons gebroke wêreld Kom vestig Hy Sy koningsheerskappy. Hy maak weer heel Wat sonde hier gebreek het. Hy bring weer hoop En redding - ook vir my. Dan moet ek juig My Redder en my God! Hoe groot is U; Hoe groot is U! Want deur die hele Skepping klink dit saam: Hoe heerlik, Heer, U grote Naam! Hoe groot is ons God Almal sal sien hoe groot Is ons God Hoe groot is ons God Almal sal sien hoe groot Is ons God
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out