Lyrics

As liefde soveel jare kan voort duur, dan moet dit ware liefde wees. Ondanks die baie kille ure, die dom foute en die pyn. Die hele kamer om ons heen, waar ons bed vandag nog staan, dra spore van n fel verlede. Die wilde hartstog het vergaan, die soete wellus het gegaan. Die wapens wat ons mekaar mee slaan. Ek hou van jou, met heel my hart en siel hou ek van jou. Van son en maan tot aan die oggend blou, ek hou nog steeds van jou. Jy ken nou al my slim streke, ek ken al lank jou hekse spel. Ek hoef jou nie meer te smeek nie, jy ken swakhede wat knel. Soms het ek jou te lank laat bly, miskien was die ding verkeerd, maar ek het ook al seer gekry. Jong mense kry tog almal seer, maar so het ons tog ook geleer, mens kan weer opnuut begin. Ek hou van jou, met heel my hart en siel hou ek van jou. Van son en maan tot aan die oggend blou, ek hou nog steeds van jou. Ons het al soveel jare saam gestry, teen mekaar en met mekaar. Maar rustig lewe en tevrede, stel woord die liefde in gevaar. Jy huil nou darem nie meer so gou, jy laat my nie meer so maklik gaan, ons hou ons woorde binne. Maar al beheer ons tog die spel, een ding bly nog altyd bestaan, die soete oorlog van bemindes. Ek hou van jou, met heel my hart en siel hou ek van jou. Van son en maan tot aan die oggend blou, ek hou nog steeds van jou. Ek hou van jou, met heel my hart en siel hou ek van jou. Van son en maan tot aan die oggend blou, ek hou nog steeds van jou.
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out