Listen to Siek + Sat (Terminatryx Undead on Speed Remix) by Terminatryx

Siek + Sat (Terminatryx Undead on Speed Remix)

Terminatryx

Rock

Lyrics

Genoeg is genoeg Te laat is te vroeg Genoeg is genoeg Van die kerk tot die kroeg Ek is moeg vir korrupsie, moord, verkragting en doodslag En lang queue's waar jy ure moet staan en wag Ek is moeg vir gravy-train swape, wat vat en kry sonder swoeg En agterbakse bliksems, wat hul eie sake vol ploeg Ek is siek en sat vir donsdose wat dink hulle weet wat Ek is siek en sat vir lighties wat dink hulle ken die pad Ek is sat en siek vir ou ballies wat hulle advies kan stick Ek is sat en siek vir kak musiek en kakker flieks Ek is moeg vir die lewe se contradictions En ek's moeg vir politicians elke skrikkeljaar-klug met elections Genoeg is genoeg Te laat is te vroeg Genoeg is genoeg Van die kerk tot die kroeg Ek is gatvol vir cliché leefstyle wat uit die TV rol En ek is gatvol vir idiote wat agter trends aan-hol Ek is tot hiertoe vol met kunslose narre wat met spray cans jol Ek is tot hiertoe vol met taxi-drivers wat hul karre rol Ek is klaar met kinder- en diere-mishandelaars En is klaar met kansvatters en dwelmhandelaars Genoeg is genoeg Te laat is te vroeg Genoeg is genoeg Van die kerk tot die kroeg Ek is siek en sat vir besoedeling van nywerhede En om te leef in die verlede Gatvol vir leuens en verdraaide waarheid En vir die noodsaak om te veg vir vryheid Ek is absoluut bored met die Hilton terte Wat famous word omdat papa miljoene werd is Dit maak my lam dat oorloë steeds woed En ek is siek vir scum, nie opgesluit net lig beboet Genoeg is genoeg Te laat is te vroeg Genoeg is genoeg Van die kerk tot die kroeg Ek is tam vir slegte nuusberigte En baby fabrieke wat nie omsien na hul pligte Ek is siek en sat dat ons nie 'n verkoue kan genees En dat mense daagliks moet leef in vrees Ek is siek en sat dat skoenmakers nie hou by hul lees En ek's siek en sat date ek sien en sat moet wees Genoeg is genoeg Te laat is te vroeg Genoeg is genoeg Laat my walg, laat my wroeg Genoeg is genoeg!
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out