Lyrics

Ek gooi 'n klippie teen jou ruit En kyk hoe jy deur jou gordyne loer En ek het klaar besluit Ek gaan jou ontvoer En as jy wonder waarheen ons gaan Vanaand skiet ek jou vir 'n piekniek op die maan Wolke is ons kombersie Ons piekniek op die maan Die Aandster is ons kersie Ons hou piekniek op die maan Ek sien hoe jy besluit Terwyl jy maak asof jy leer En die onsekerheid Want daar's alles wat jou keer Maar ek weet jy het klaar jou pajamas aan Maar vanaand skiet ek jou vir 'n piekniek op die maan Wolke is ons kombersie Ons piekniek op die maan Die Aandster is ons kersie Ons hou piekniek op die maan Jou asem maak wasem teen die glas En jy kyk na my spore in die dou op die gras So los net als En los jou tas En kom net saam Wolke is ons kombersie Ons piekniek op die maan En die aandster is ons kersie Ons hou piekniek op die maan Ons hou piekniek op die maan
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out