Lyrics

Is jy oud of is jy jonk, nugter of dronk Van kleins af al geleer om op 'n stage te pronk Is jy wit of is jy swart, bruin of rooi In 'n hoed of in 'n jas, jou beste baadjie getooi Makiesakie Buite makiesakie My mens, buite makiesakie Het ek jou al gesê, dat ek vir jou wil hê Het ek jou al vertel, ek's meer as net jou pel Hoekom het jy gesê die rook het al gaan lê Hoekom het jy vertel dis die hemel Toe's dit allietyd die hel Makiesakie Gister makiesakie My mens, gister makiesakie Die wêreld se dinge, in die rook se ringe Jy soek na lewensbrood, want binne voel jy dood Van gister tot vandag het jy lekker gelag Maar jou oë voel vuil en jy begin te huil Makiesakie Trane makiesakie My mens, trane makiesakie Het ek jou al gesê, dat ek vir jou wil hê Het ek jou al vertel, ek's meer as net jou pel Hoekom het jy gesê die rook het al gaan lê Hoekom het jy vertel dis die hemel Toe's dit allietyd die hel Ja, hoekom het jy vertel dis die hemel Toe's dit allietyd die hel
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out