Lyrics

Elke Nuwejaar net na die Kersgety Kom 'n donkiekar drywer deur ons dorpie gery Dan drom die mense almal op die markplein saam Hy groet hul met hand en by die naam Die donkie staan en kou in die skadu's van 'n boom En eenkant brand 'n vuurtjie, waar die koffie stoom Agter op die wa lê die goeters deurmekaar Maar iewers in die bondel is sy rooi kitaar Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer Tokkel nog 'n liedjie op jou rooi kitaar Maak jou eie woorde, stuur 'n paar akkoorde Maak 'n dikker-dikker op die Nuwejaar Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer Roer die klikke-klakke van jou rooi kitaar Vertel ons nog 'n stories, van hartseer en van glorie Vertel ons jou planne vir die Nuwejaar Hy skryf die mooiste liedjies, van die oorlog tyd Van Boere en van Kakies en haar Majestyd Die ouers dink dis leuens maar die kinders dink dis waar Want hulle sien 'n sprokie in sy rooi kitaar Terwyl hy sing en speel, dans die mense vrolik rond Maar niemand merk die hoedjie eenkant op die grond En sien die vrae in die oë wat staar Almal word betower deur die rooi kitaar Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer Tokkel nog 'n liedjie op jou rooi kitaar Maak jou eie woorde, stuur 'n paar akkoorde Maak 'n dikker-dikker op die Nuwejaar Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer Roer die klikke-klakke van jou rooi kitaar Vertel ons nog 'n stories van hartseer en van glorie Vertel ons jou planne vir die Nuwejaar Die wa is reeds gepak, want die uur is verby Die middagson sit hoog, hy moet verder ry Maar niemand vra ooit, waar hy kom of gaan En niemand soek 'n rede vir sy afskeidstraan Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer Tokkel nog 'n liedjie op jou rooi kitaar Lê bietjie warm, jy's die beste sanger Maak 'n dikker-dikker op die Nuwejaar Haai, liedjieskrywer, donkiekar drywer Dankie vir die liedjies en die rooi kitaar Dankie vir die woorde en die mooi akkoorde Alles van die beste vir die Nuwejaar Alles van die beste vir die Nuwejaar Alles van die beste vir die Nuwejaar
Writer(s): Ruben Lennox, Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out