Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Anneli van Rooyen
Anneli van Rooyen
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Anneli van Rooyen
Anneli van Rooyen
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Boet Pretorius
Boet Pretorius
Producer

Lyrics

Berge gemaak vir mis en sneeu en kranse vir die wild se wilde danse en vir klim Bome gemaak vir stamme en vir blare Vir geduld en as 'n hawe vir 'n kind so ver daarbo Icarus, te naby aan die son Jy het gedink jy kon en verloor jou trotse vlerke Icarus, al volmaak en stom moet ek en jy van onder af op ander vleuels eindelik tot bo kom Wolke gemaak vir reën en hoop en skadu vir koelte wat niks praat nie net om op te kyk Sterre gemaak vir maan en vir planete vir lig en vir komete in die nag so ver daarbo Icarus, te naby aan die son Jy het gedink jy kon en verloor jou trotse vlerke Icarus, al volmaak en stom moet ek en jy van onder af op ander vleuels eindelik tot bo Icarus, te naby aan die son ons het gedink ons kon en smelt ons trotse vlerke Icarus, op die heup geslaan en krom moet ek en jy van onder af op ander vleuels eindelik tuis kom
Writer(s): Anneli Van Rooyen Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out