Lyrics

Sannie het gesukkel om n "s" te sê Sannie se ou tongetjie wou nooit reg lê Maar sannie het besluit om n plan te maak En eendag loop sy hierdie lekker rympie raak En sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonner sannie sê s-sannie sleep swaar Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep Sewe sakke sout is swaar sowaar Sannie het geoefen en haar bes probeer En eendag slaan daar werklik nog n klankie deur Sy hardloop na haar mammie en die luister vies Want sannie druk haar tongtjie nou vas in haar kies En sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonner sannie sê s-sannie sleep swaar Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep Sewe sakke sout is swaar sowaar Juffrou het geweet wat die beste sal wees Om spraaklesse te neem sal die kwaal genees Gou het sy geleer om soos n slang te maak Maar iewers het haar tongetjie weer vasgehak En sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonner sannie sê s-sannie sleep swaar Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep Sewe sakke sout is swaar sowaar Sannie is nou groot en het n kêrel gekry Sannie het gewoeker met die soenery Die liefde is blind of is dit dalk nie Vir sannie was die liefde net die regte terapie En sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep sonner sannie sê s-sannie sleep swaar Sannie sê sannie sal sewe sakke sout sleep Sewe sakke sout is swaar sowaar Sannie is getroud en was in haar skik Die kinners is gebore uit die huwelik Maar toe die kinders praat was haar hart so seer Want oor en oor moet sy die rympie leer Want sarel sê sarel sal sewe sakke sout sleep Gustav sê gustav sal sewe sakke sout sleep Stephan sê stephan sal sewe sakke sout sleep Die hele dag lank hoor sy net "s"...sh..."s" Sarel sê sarel sal sewe sakke sout sleep Gustav sê gustav sal sewe sakke sout sleep Stephan sê stephan sal sewe sakke sout sleep Die hele dag lank hoor sy ney "s"...sh..."s"
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out