Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Koos Du Plessis
Songwriter

Lyrics

As almal ver is Word die hart skielik oud As die wêreld 'n ster is Afsydig en koud Smee die gordyne 'N Komplot teen die lig Krimp die kosyne En deure sluit dig As almal ver is, Vind jy jouself Waar jy in laaie, In stil hartkamers delf As almal ver is, Vind jy jou siel - Weerloos, en eensaam, Soos 'n vrou voor 'n spieël As daar geeneen is, Het jy als op die skaal Want jy weet, wat geleen is, Word eindelik gehaal. Dan kom die waarheid En besweer elke leuen Skenk jou weer klaarheid - En laat jou alleen As almal ver is, Vind jy jouself Waar jy in laaie, In stil hartkamers delf As almal ver is, Vind jy jou siel - Weerloos, en eensaam, Soos 'n vrou voor 'n spieël
Writer(s): Koos Plessis Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out