Lyrics

Daar is oorloë en gerugte van oorloë; skrapnel - so word vertel - lê die wêreld vol, die swendelaars word kwytgeskeld en haat en nyd met haat vergeld en die wêreld tel sy munte een vir een (koor) Maar hier by my, my lief is daar skuiling teen die wind word 'n grootmens weer 'n kind word die wysheid weer onskuldig; want hier by my, my lief word die winter weer 'n somer word die mens desnoods 'n dromer wat die landskap van die hart oplaas verken Daar is veldslae sonder oorsaak, sonder rede en 'n wêreld wat verslae deur die lang nag waak; maar die môre bring weer nuwe leed want die vrede is reeds lank vergeet ja, die wêreld tel sy munte een vir een (koor) Want stryd het die beleid geword; het die credo van ons tyd geword; "wees gewapen, wees gepantser, wees paraat..." (koor)
Writer(s): Coewie Villers Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out