Lyrics

Buite in die strate Bars Jacarandas uit hul nate En alles lyk van ver af so gesond Almal sluk vandag 'n bitter pil Almal sluk vandag 'n bitter pil En daars 'n engel teen die mure Wat van alles eintlik weet Al lyk dit op die oog af Of jy van die vloere af kan eet En dokter luister nog 'n keer Of jy my hartklop wel kan hoor Iewers het ek my hart op jou verloor Iewers het ek my hart op jou verloor En hoe kan 'n vuur uit die woede geblus word Hoe kan die liefde hom red uit die dood Hoe kan 'n hart wat al lankal vertrap is Hoe kan 'n tong wat uit leme gemaak is Later weer sag word soos 'n lam Hoe kan 'n bitter pil weer soet wees As ek jou net eenmaal kul... En hoe kan 'n vuur uit die woede geblus word Hou kan die liefde hom red uit die dood Hoe kan 'n hart wat al lankal vertrap is Hoe kan 'n tong wat uit leme gemaak is Later weer sag word soos 'n lam Hoe kan 'n bitter pil weer soet wees As ek jou net eenmaal kul... Buite in die strate Bars Jacarandas uit hul nate En alles lyk van ver af so gesond
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out