Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
RAAF
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Lourens Rabe
Composer
Esté Rabé
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Lourens Rabe
Producer
Fred den Hartog
Producer
Lyrics
Elke keer as ons gesels
Wil ek vir ewig stil bly
Dat alles wat jy sê my laat verdwaal in die hoeke van jou sinne
Dis waarop ek nou sinspeel
Ek's van my sinne beroof vir jou
Die sekondes uit strek tot die son op kom
Dis net die hier en nou wat ons lewe op som
Ek plant 'n blom vir elke maand al om die hoeke van ons huis
Ek grawe slote dat riviere ons eiland uit kan kerf
Tyd vergaan hier in ons wêreld in die hoeke van ons huis
Niemand sal my ooit kan ken soos jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Ek het jou ontmoet
Dit was soos lente in die winter, jou lag
Twee kleindorp kinders deur die stadsligte verblind
Dis waarop ek nou sinspeel
Ek het my drome verruil daai dag
Jy wou my nooit laat huistoe gaan tot middernag
Ek moes jou groet met 'n soen en 'n laaste dans
Ek plant 'n blom vir elke maand al om die hoeke van ons huis
Ek grawe slote dat riviere ons eiland uit kan kerf
Tyd vergaan hier in ons wêreld in die hoeke van ons huis
Niemand sal my ooit kan ken soos jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Vir altyd ek en jy
Jy lees my soos 'n boek
Terwyl jou vingers oor die blaaie voel
Om die beste dele uit te soek
Ek sien deur jou soos glas
Alles aan jou binnekant
Wil ek liefhê tot die laaste dag
Dis waarop ek nou sinspeel
Ek's van my sinne beroof vir jou
Die sekondes uit strek tot die son op kom
Dis net die hier en nou wat ons lewe op som
Ons pluk die blomme uit die tuin al om die hoeke van ons huis
Ons op ons eiland
Soos die wêreld al rondom ons weg dryf
Ons dans in stilte in die gang en in die hoeke van ons huis
Niemand sal my ooit kan ken soos jy
Vir altyd ek en jy
Lyrics powered by www.musixmatch.com