Lyrics

My vliegtuig maak 'n wye draai oor Walvisbaai Die ou Namib groet my Haar sand lê wyd en ver En by Langstrand verby deur Swakop tot op Henties Daar by die Spitskop stop ons vir 'n koue bier Wo o o Torrabaai roep my en ek kom huis toe Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel Wo o o Torrabaai ons kom weer na jou toe Dis die plek waar die see en die duine lepel lê Ja dis die plek waar die see en die duine lepel lê Die skeleton hek trap die dors in ons keel vas Want die son trek water en die manne raak almal dors Die bote staan en wag met 'n jaggermeister En vanaand is die aand wat ons die kabbeljou gaan terg Wo o o Torrabaai roep my en ek kom huis toe Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel Wo o o Torrabaai ons kom weer na jou toe Dis die plek waar die see en die duine lepel lê Met die indraai slag sien ek vir Sunday glimlag Ou Piet met sy pyp wat ons al lankal inwag En Oom Daantjie en Oom Jan hulle is legends hier Maar dis die afskeid wat die meeste seermaak En huis toe gaan met 'n hartseer glimlag Maar volgende jaar Dan kom ons net weer terug Torrabaai roep my en ek kom huis toe Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel Wo o o Torrabaai ons kom weer na jou toe Want dis die plek waar die see en die duine lepel lê Ja dis die plek waar die see en die duine lepel lê Dis die plek wat my hart gesteel het ek wil hier kom lê By Torrabaai
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out