Lyrics

Op 'n plasie in die niet Bly ou Sampie Servetiet En hy vry na 'n dolla, wat ry met 'n Volla Met 'n lyfie soos 'n riet Maar dit wat hy haar bied Kry sy skoon verniet Dis 'n plaas met 'n baas, karringmelk en kaas En 'n lang ou kuilvoer mied En sy sê: "byt my" "Byt my aan my oor" "Op die mieliesak in die stoor" "Net voor ek moed verloor" En sy sê: "byt my" "Byt my aan my oor" "Op die mieliesak in die stoor" "Net voor ek moed verloor" So word die twee toe een Um, jy weet mos wat ek meen Die een volg die ander soos Vinkel en Koljander Sommer twee-twee op een speen Sy vrou moes die doeke leen En bly heeldag op die been Met 'n bottels en poppies en 'n allerhande proppies, en 'n krampwater se seën En sy sê: "byt my" "Byt my aan my oor" "Op die mieliesak in die stoor" "Net voor ek moed verloor" En sy sê: "byt my" "Byt my aan my oor" "Op die mieliesak in die stoor" "Net voor ek moed verloor" En sy anderhelfte stoel Dit wikkel en dit woel Ja, die rok word groot, en rok word wyd Hy moes ver vat om te voel Maar Sampie bly net koel En hou maar net sy smoel Want sê hy 'n woord breek sy akkoord Dan dans hy, die blêddie fool En sy sê: "byt my" "Byt my aan my oor" "Op die mieliesak in die stoor" "Net voor ek moed verloor" En sy sê: "byt my" "Byt my aan my oor" "Op die mieliesak in die stoor" "Net voor ek moed verloor" So trek die tweetjies saam Vir oorlewing en bestaan En die kinders knibbel en die kinders knaag En word af en toe vermaan Maar Sampie wou oorslaan Na 'n ander kleur van faam Hy knyp nou die kat dat die spoeg so spat In die wit lig van die maan En sy sê: "byt my" "Byt my aan my oor" "Op die mieliesak in die stoor" "Net voor ek moed verloor" En sy sê: "byt my" "Byt my aan my oor" "Op die mieliesak in die stoor" "Net voor ek moed verloor".
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out