Lyrics

¶ " En in die grond is daar gat . . ." En die groen gras groei daar om! "¶ Julle twee sal nog so sing, dan trap julle in die gat! Jaco, in hemelsnaam, moenie die takke so laat terugslaan nie, netnou kry ek dit in die oog en Wessel, jy daar voor, kap af die dêm takke, ons moet die pad terug kan uitken!" Willem, die moeras begin hier voor, die bos hou hier op!" Dankie, Wessel, die kas begin nou swaar word." Ek en Jaco haal Wessel in en meteens staan ons almal knieg diep in die groen slyk, plant begroeide stinkende moeras. Ek sit die rubber kas op die groen water neer, dit is ontwerp om te dryf. Dit was twee jaar gelede in die oerwoud van Birma. Ek stop my splinter nuwe dubbelkajuit bakkie voor Wessel se hek. Jaco, ek dink jy moet hom gaan help dra, hy het gister die groot krat by my kom haal." Jaco klim uit en en loop aan die kant van die huis verby na die agtertuin. Dit is waar Wessel se konyn hokke is. Hierdie maand is dit Wessel se beurt om konyne te lewer. Dit val my by van Jakobus en ek trek effe meer vorentoe onder beter koelte in. Die son is te warm vir Jakobus hier agter op. Ek sien die twee aankom met die krat tussen hulle. Dit is ʼn groot Piesang krat wat ek by die mark kry. Ek klim uit en maak die seiltjie wat oor die bak getrek is oop en hulle laai die krat op. Jislaaik Wessel, wat voer jy die konyne, kyk hoe groot is hulle!" Ek is stom van verbasing. Dit is daardie Vleis konyne waarvan ek jou vertel het, Willem, Jakobus sal hulle geniet." Dankie mater, het julle die lys van goed wat ons moet kry?" Jaco is by: " Jip Willem, stop eers by die Mall. Hennie sê by die drankwinkel daar het hulle spesiale afslag vir hierdie lang naweek." Jaco, wat agter ingeklim het, buk vorentoe en leun tussen ek en Wessel deur en druk die bandspeler se knoppie. Onmiddellik begin sy gunsteling, afgesaagde liedjie: ¶" En, in die grond is daar ʼn gat – en die groen gras groei daar om . . .!"¶ En saam vat hulle twee die noot en sing vrolik en luid: ¶ " En in die gat staan daar ʼn boom – en aan die boom is daar ʼn tak . . .!"¶ En die druk verkeer van die lang naweek se vakansiegangers hou ons effe op, maar daar is nie moeilikheid, ons gaan hengel en ons gaan nou dop koop en ons het ʼn heerlike naweek voor langs die viswaters. En Jaco draai die volume beter en saam met die sanger op die CD sing ons: ¶En in die mik is daar ʼn nes . . ."¶ En ek draai my nuwe dubbel kajuit se neus by die Mall se parkeerplek in en ons soek al singende vir ʼn staan plek – met effe koelte: ¶ " En op die voël is daar ʼn veer . . .¶ En albei wys gelyk, onder die wilgerbome teen die kant reëling, en ek trek die dubbelkajuit daar in en Wessel wys na die vyf rondlopers wat teen die sement reëling van die oor bruggie leun en die parkerende karre en duisende vakansiegangers bekyk vir ʼn gaping in hulle behoedsaam. En nog voordat ons behoorlik kan uitklim is die kar wag daar want ons hoor die spookstem hier van agter: Meneer kan ek na die kar kyk?" En Wessel en Jaco en ek ignoreer die spookstem en sing heerlik: ¶" En op die veer sit daar ʼn luis . . . ¶" En ek skuif die agtervenstertjie van die kajuit oop en maak oop vir Jakobus, want hy geniet die binnekant van die bakkie vir sy 'mense kyk' want met die donker getinte vensters kan hy uitkyk maar die mense kan nie vir hom kyk nie. ¶ " En aan die luis het hy ʼn bek . . .¶ En ek druk die deur net toe en ons stap weg en die spookstem, meneer-meneer-meneer, nog agter ons aan en Jaco loer na agter en stamp liggies en ons stop, draai om en kyk terug en sing: ¶ " En in sy bek het hy ʼn tand . . . "¶ En ons aanskou die toneel hoe die vrou kar wag agteroor neerslaan en die loslopers in hulle haas om weg te kom oor die sement bruggie se muurtjie spring die afgrond af in die riviertjie daar onder in. En die Babelse geskree kring uit en al wat losloper is slaat of neer of hol armswaaiend tussen die karre net om weg te kom. En die chaos kring uit al verder en verder en die vakansiegangers staan met hemelse glimlagte terwyl ek singende terugstap na my bakkie toe en vir Jakobus, die vier meter lange Burmese Boa konstriktor terug druk en die deur sluit.
Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out