Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Laurika Rauch
Laurika Rauch
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Ingrid Jonker
Ingrid Jonker
Lyrics
Laurinda Hofmeyr
Laurinda Hofmeyr
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Laurika Rauch
Laurika Rauch
Producer

Lyrics

Die kabouter met die rooi-rooi pet Die kabouter met die geel hemp aan Het sy hart gistraand vir my gegee En sy hemp is vir die maan Die hoepelronde blou-blou lug Het kadoemps op die grond geval Hy't dit blink-blou in sy hand gerol Toe speel ons daarmee bal Die sterre met hul wit ligte Het geknipoog toe ons lag Hul't rondom ons in 'n kring getrek Soos 'n laer in die nag Die aandblom het sy trom-trompet Geblaas in die warrelwindkring Die kalkoentjies met hul rooi mondjies Het die sprinkaan-wals gesing Die maan met sy geel lyfie Het gaan plat lê op sy rug Hy't gaan slaap by die gousblomme Met sy boepens in die lug Die kabouter met die rooi-rooi hart Het dit self vir my gesê Hy't die aardbol oor sy kop gegooi O dis hier waar die liefde lê O dis hier waar die liefde lê Mmm dis hier waar die liefde lê
Writer(s): I Jonker, Ingrid Jonker, L. Hofmeyr, Laurinda Hofmeyr Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out